“Eskom mag nie kraginfrastruktuur verwaarloos nie”

Deur on

10 Januarie 2025

Die VF Plus in Kempton Park sê infrastruktuur van Eskom, wat nie in stand gehou word nie, het tot “nog ‘n vermybare kragonderbreking gelei.

Die VF Plus-raadslid in die Ekurhuleni-metro, Jean Kriek sê met die aanvang van 2025 het ‘n boom op Eskom se oorhoofse geleiers in Kempton Park geval en ernstige skade aan ‘n stroombreker veroorsaak.

Dit het kragtoevoer ontwrig en ‘n olielekkasie veroorsaak.  

Kriek sê wetgewing verplig Eskom om sy infrastruktuur, insluitend plantegroei onder hoogspanningslyne, te bestuur. Hy meen indien die kragvoorsiener die wetgewing nagekom het, sou hierdie voorval vermy kon word.

In ‘n voorval verlede jaar, het ‘n Eskom-oorhoofse lyn tussen Pretoria en die OR Tambo Internasionale Lughawe oor die pad geval. Kriek meen proaktiewe optrede kan sulke potensieel gevaarlike situasies voorkom.


Lees verder

Current track

Title

Artist