Eskom gebruik weens koue meer diesel – steeds geen beurtkrag

Deur on

30 September 2024

Die kragvoorsiener, Eskom sê hy het die afgelope week beduidend meer diesel verbrand as in die onlangse verlede weens ’n hoër vraag na elektrisiteit in die koue weersomstandighede.

In ‘n verklaring sê die elektrisiteitsmaatskappy dat dit ook gedeeltelik deur vertragings in herstelwerk by sommige kragstasies meegebring is.

‘n Totaal van 2 685 megaWatt opwekkingsvermoë – wat verlede week reeds aan die kragnetwerk gekoppel moes word – kon nog nie in bedryf gestel word nie en het bygedra tot die verbranding van diesel.

Hoewel die tekort aan opwekkingsvermoë Eskom se dieselgebruik verhoog, was dit na meer as ses maande nog nie weer nodig om beurtkrag in te stel nie.


Current track

Title

Artist