Elon Musk nie meer Twitter se hoof nie

Deur on

19 Desember 2022

Meer as 17,5-miljoen Twitter-gebruikers het deelgeneem aan ‘n aanlyn peiling waarin die uitvoerende hoof van dié sosiale media-platform, Elon Musk, gevra het of hy die tuig moet neerlê.

57% van die gebruikers wat aan dié stemming deelgeneem het, was ten gunste daarvan dat Musk sy kantoor moet ontruim.

Musk – wat by die aanvang van dié peiling plegting onderneem het om aan die wens van die meerderheid gehoor te gee – het nog nie op die uitslag van die stemmery gereageer nie.

Die onvoorspelbare miljardêr het die peiling geplaas kort nadat hy blykbaar erken het dat hy ‘n fout gemaak het om Twitter-gebruikers te verbied om hul rekeninge op mededingende sosiale media-platforms te bevorder.

Foto: CNN


Current track

Title

Artist