Ekonoom uiteindelik op pad terug na SA van Rusland

Deur on

7 Mei 2022

Die bekende ekonoom, Dawie Roodt en sy gesin is uiteindelik op pad terug na Suid-Afrika nadat hulle vir byna vyf dae in Moskou, Rusland vasgekeer is.

Dawie, sy vrou Marina en hulle 8-jarige tweeling, Yulia en Daria was vir ‘n troue in Rusland, maar kon nie die land verlaat toe hulle Maandag wou terugkeer Suid-Afrika toe nie.

Dawie het vroeër vertel dat doenabeamptes by die Sjeremetjewo-lughawe geweier het om die kinders toe te laat om die land te verlaat. Die tweeling het dubbele burgerskap omdat Marina ‘n Russiese burger is en het met hul Suid-Afrikaanse paspoorte gereis.

Een van die vereistes is glo dat Russiese burgers slegs met hulle Russiese reisdokumente mag reis.

Roodt sê toe die beamptes besef dat die kinders Russiese burgers is toe mag hulle skielik nie meer met hul Suid-Afrikaanse dokumente reis nie. Hulle moes inderhaas aansoek doen vir die tweeling se Russiese reisdokumente.


Current track

Title

Artist