Egiptiese president vir die derde keer ingehuldig

Deur on

2 April 2024

Die president van Egipte Abdel Fattah al-Sisi is vandag vir sy derde ampstermyn ingehuldig.

Sisi is die afgelope dekade aan bewind en sal tot 2030 president bly.

Dié termyn van ses jaar sal die 69-jarige se laaste wees, tensy hy weer ‘n grondwetwysiging deurvoer wat sy ampstermyn verleng.

Sy administrasie het die afgelope twee jaar gesukkel om die gevolge van ‘n strafende ekonomiese krisis te beperk wat daartoe gelei het dat die geldeenheid twee derdes van sy waarde verloor het en inflasie verlede jaar tot ‘n rekord van 40% gestyg het.

Sisi het aan bewind gekom na aanleiding van massabetogings teen Islamitiese president Mohammed Morsi, wat in 2013 uit die kussings gelig is.


Current track

Title

Artist