EFF: Sluit skole binne 7 dae

Deur on

10 Junie 2021

Die EFF het die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga sewe dae gegun om skole te sluit, voordat dié party “dit self sal doen.”

Dit was die leier van die EFF, Julius Malema se woorde vroeër vandag tydens ‘n mediakonferensie. Volgens hom is skole te midde van die Covid-19-pandemie nié veilig vir kinders nie en meen kinders kan sterf.

Volgens hom was dit uiters moeilik om bejaardes aan die dood af te staan weens die koronavirus en sê die party sal nié toelaat dat dieselfde met kinders gebeur nie.

Malema meen die EFF kan nie net terugstaan, terwyl kinders begrawe moet word nie. “Waar is die minister? Sy [Motshekga] is nêrens.”

Hoop, Glo, Leef in Afrikaans.
Jou ondersteuning versterk Afrikaanse media. Hou jou taal op die lug.
Klik hier.


Current track

Title

Artist