EFF ruk vanoggend op na moot-ouetehuis weens “beweerde rassisme”

Deur on

28 Julie 2021

Die Queenswood gemeenskap in Pretoria is gevra om nie onnodig in die omgewing van die Huis Herfsblaar ouetehuis te beweeg, en die EFF uit te lok nie.

Dié party beplan om vandag ‘n optog te hou na die ouetehuis, oor ‘n arbeidsgeskil en beweerde rassisme.

Verskeie paaie in die omgewing sal toegemaak word, insluitendende Soutpansbergweg, Stead laan, CR Swart Rylaan en Webb straat.

Die polisie het ook die skole en besighede in die direkte omgewing van die optog gevra om sy deure tydelik te sluit.

Die optoggangers sal om 10 uur bymekaarkom, en om en by 1 uur die middag verdaag.

Intussen sê die wyksraadslid van wyk 84, Roelof Fourie dat die polisie, onder leiding van die Villieria-polisiestasie en die Tshwane-metropolisie goed voorbereid is vir vandag se beplande optog.

Hy meen te verstane is daar baie emosies en ontevredenheid rakende dié optog, maar hy het ‘n beroep op mense gedoen om nie ekstra spanning by ‘n reeds gespanne situasie te voeg nie en om eerder die gebied te vermy.

Hou Afrikaans op die lug

Klik hier


Current track

Title

Artist