EFF en ANC-lede breek staalhek om toegang tot landdroshof te verkry

Deur on

6 Mei 2021

Videos word tans op sosiale media versprei van EFF- en ANC-lede wat glo die staalhek na die landdroshof in Pretoria-Noord afgebreek het om toegang te verkry tot die gebou, waar ‘n verdagte se borgtogaansoek tans voortgaan.

Die man word daarvan beskuldig dat hy op 26 April Themba Thabethe drie maal met ’n mes gesteek het. Volgens hom het hy uit selfverdediging opgetree.

Die ontevrede EFF en ANC-lede eis egter dat hy nié op borgtog vrygelaat moet word nie.

Hulle is glo aangesê dat hulle weens Covid-19-regulasies nie toegelaat word nie waarna die lede steeds aanhou slaan het teen die glasdeure.

Hoop, Glo, Leef in Afrikaans.
Jou ondersteuning versterk Afrikaanse media. Hou jou taal op die lug.
Klik hier.


Current track

Title

Artist