EFF dien klag teen polisie in ná Brackenfell-optog

Deur on

11 Junie 2021

Die EFF het ’n amptelike klag téén die Brackenfell-polisie aanhangig gemaak omdat hulle glo ’n saak gesluit het waarin ‘n EFF-lid na bewering aangerand is – sonder dat iemand aangekeer is.

Die 22-jarige Sibongile Nkasayi het verlede jaar ‘n klag by die polisie ingedien nadat ‘n man haar na bewering met bofbalkolf geslaan het. 

Dit kom nadat die party verlede jaar buite die Hoërskool Brackenfell betoog het oor ‘n matriekfunksie, wat na bewering net vir sekere leerlinge gehou is. Dit is egter deur ouers en nie die skool georganiseer nie. 

Lede van die gemeenskap, EFF-lede en ouers het tydens dié betoging buite die hoërskool slaags met mekaar geraak.

News 24 berig dat Nkasayi sê dat die polisie na bewering die saak gesluit het omdat daar nie genoeg leidrade is nie. Sy meen dit is uiters onaanvaarbaar. Die EFF eis ook dat die stasiebevelvoerder, speurhoof en die polisielid wat die saak ondersoek het, geskors moet word.

Hoop, Glo, Leef in Afrikaans.
Jou ondersteuning versterk Afrikaanse media. Hou jou taal op die lug.
Klik hier.


Current track

Title

Artist