Eerste Cholera-sterfte in huidige uitbreking bevestig

Deur on

23 Februarie 2023

Die departement van gesondheid het die eerste cholera-sterfte as deel van die huidige uitbreking in Suid-Afrika bevestig.

Dit volg nadat die minister van gesondheid, Joe Phaahla gesê het dat die aantal laboratorium-bevestigde gevalle tot vyf gestyg het.

Twee van die mees onlangse gevalle is in Alexandra en Benoni – aan die Oos-Rand – aangemeld.

Albei mans – tussen die ouderdomme van 24 en 28-jaar – het geen onlangse geskiedenis van plaaslike of internasionale reise nie.

Die departement sê cholera versprei hoofsaaklik deur besmette of besoedelde water.


Current track

Title

Artist