fbpx

Eben se storie: Die teks, die betwiste teks, en die subteks

Deur on Okt 8, 2019

Nuuskommentaar: 8 Oktober

Suid-Afrikaanse rugbyondersteuners word oor die afgelope tyd nie net gekonfronteer deur die Rugbywêreldbeker in Japan nie, maar ook, ongelukkig, deur die sogenaamde “Etzebeth-sage”.  Eben Etzebeth, die ysterslot van die Springbokke, word deur ʼn groep inwoners van Langebaan daarvan beskuldig dat hy hulle fisies en verbaal aangerand het by die Langebaan-seiljagklub.

In terme van hierdie sage is daar drie strome van inligting, wat elkeen deeglik ondersoek moet word, vir die trotse rugbyondersteuner om ʼn deeglik oordeel oor hierdie storie te vel.

Ten eerste is daar die teks, dus, dit wat onbetwyfeld so is.  Die teks is in werklikheid verbasend min.  Eben Etzebeth en ʼn groep van sy vriende was op die aand van 26 Augustus in Langebaan, hulle was by die seiljagklub.  Oor hierdie feite is daar redelike sekerheid.

Ten tweede is daar die betwiste teks, dus, dit wat beweer word, maar wat nie bewys word, of deur almal aanvaar word nie.  Die betwiste teks is primêr dat Etzebeth gewelddadig en rassisties opgetree het tydens ʼn skermutseling tussen sy groep vriende, en ʼn ander groep mans.  Oor hierdie feite word daar nie saamgestem nie.  Die groep klaers, wat nou ʼn miljoenrand skade eis, bied een weergawe, die seiljagklub se eienaar bied ʼn ander weergawe.  Oor hierdie feite is daar nie sekerheid nie.

Derdens is daar die subteks, dit is die teks wat niemand hardop sê nie, maar wat geïmpliseer word, en nie werklik nodig is om in woorde of in teks uit te druk nie.    Die subteks, so meen ek, is dat ʼn groot hoeveelheid van Langebaan en die omliggende area se plaaslike bevolking die Springbokke histories hand en tand opponeer, en hul passievolle ondersteuning agter die All Blacks van Nieu-Seeland gooi.  Sou dit die All Blacks bevoordeel as Eben Etzebeth nie in ʼn moontlike finaal betrokke is op 2 November nie?  Ek glo ten sterkste so, ja. 

Addisionele subteks is die ANC se historiese gevoel oor die Springbok as wapen, en die Springbokke as span, beide histories en tans.  Met redelike sekerheid kan aangeneem word dat Marvin Orie vir Eben Etzebeth in die Springbokgroep sal vervang, wat vir ʼn ANC wat uitkomste in terme van kleurverteenwoordiging meet, ʼn 3% toename in die Springbokgroep se aansien sal beteken.  Sal die ANC sy ondersteuning agter gerugte gooi net om ʼn stekie na die Springbokke in te kry?  Ek glo ten sterkste so, ja.

Hoe weet ons dat dit subteks is, en dat die wat teen Eben opstaan nie werklik opreg is nie?  Om hierdie vraag te beantwoord is dit maar net nodig om na die feite te kyk.  Die Menseregtekomissie, wat tans voor in die koor van hulle is wat Eben se terugkeer wil sien, sloer al meer as ʼn jaar om enigiets oor Black First Land First se opmerkings in die media oor die moord op boere, hul gesinne, en hul troeteldiere te doen, maar hulle wil binne ses weke optree teen gerugte.

As ons die teks, die betwiste teks, en die subteks saamlees, dan kan ons nie anders nie as om duidelik te sien dat hier ʼn heksejag is wat die eksplisiete doel het om die Springbokke te straf, dalk omdat hulle nie genoeg swart en bruin spelers in die groep het nie, of dalk net om ʼn punt te bewys.


Laat 'n boodskap
  1. Eleanor Butler   On   Okt 8, 2019 at 3:30 pm

    Ek lees ‘n ander subteks, die wat mense tussen die lyne noem, naamlik dat iets weggesteek word.

  2. Brandt Hugo   On   Okt 8, 2019 at 4:52 pm

    Die mense wat Eben beswadder is die grootste rasiste. Ons is magteloos as gevolg van die MRK. Indien n witman sou kwytraak waBLF en EFF bepleit sou jy lankal agter tralies gesit het DUBBELE STANDAARDE. !!!

Laat ń boodskap

Jou e-pos adres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde is gemerk *



Current track

Title

Artist