Drinkwater in dele van groter PTA nie veilig vir menslike gebruik, sê metro

Deur on

19 Mei 2022

Die Tswane-metroraad sê drinkwater in dele van Pretoria is nie veilig vir menslike gebruik nie, nadat ‘n tweede watermonster die uitslag van ‘n eerste watermonster weerspreek het.

Rethabiseng en Riamarpark in Bronkhorstspruit word hierdeur geraak.

Inwoners kla reeds geruime tyd oor ‘n snaakse reuk en kleur wat in die kraanwater opgemerk word.

Die metroraad sê hy het reeds watertenkwaens na die betrokke gebiede gestuur.

Die burgemeesterskomiteelid vir nutsdiens en streeksoperasies, Daryl Johnston sê die stadsraad is bewus van die probleem en het juis om dié rede watertenkwaens aan die gemeenskap verskaf.

Hy sê betogings wat gehou word belemmer net op die oomblik die stadsraad se werk om aan die saak aandag te skenk


Current track

Title

Artist