10 Januarie 2025
Die Valke het drie verdagtes, wat met mensehandel verbind word, in hegtenis geneem.
Dit volg nadat 26 mans van vermoedelik Etiopiese nasionaliteit uit ‘n huis in Sandringham, Johannesburg gered is, nadat bure die polisie oor verdagte bedrywighede ingelig het.
Die mans is glo teen hul sin aangehou, maar het daarin geslaag om ‘n venster met diefwering oop te breek en te ontsnap.
15 van die slagoffers was naak, en was in die huis aangehou. 11 ander slagoffers moes mediese behandeling by ‘n hospitaal ontvang.
Die Valke se woordvoerder Philani Nkwalase sê hulle het ook vuurwapens en ammunisie op die toneel gevind.