Dr. Nandipha Magudumana se borgtogaansoek misluk

Deur on

11 September 2023

Dr. Nandipha Magudumana se borgtogaansoek is vanoggend in die landdroshof in Bloemfontein van die hand gewys.

Sy word daarvan aangekla dat sy die veroordeelde verkragter, en moordenaar, Thabo Bester gehelp het om uit die Mangaung-gevangenis te ontsnap. Die paartjie het vroeër vanjaar na Tanzanië gevlug waar hulle in hegtenis geneem is.

Die landdros het tydens vanoggend se sitting gesê dat Magudumana weer vir Bester kan help om te ontsnap indien sy op borgtog vrygelaat sou word. Hy meen ook dat sy ‘n vlugrisiko is omdat sy en Bester vervalste paspoorte gebruik het om in die eerste plek te vlug.

‘n Verhoordatum is nog nie bekend nie. Dit kan ‘n lang verhoor wees, wat verskeie maande kan duur.

Magudumana bly in aanhouding in die Kroonstad Vroutronk, en die saak is uitgestel tot 11 Oktober.

KOOP NOU KAARTJIES – https://itickets.co.za/events/472390

Current track

Title

Artist