Dodetal styg verder na aardbewing in Taiwan

Deur on

3 April 2024

Die dodetal ná vanoggend se aardbewing in Taiwan het tot nege gestyg. 

Al die sterftes is in die Hualien-distrik aangeteken.

Die aardbewing met ‘n seismiese meting van 7,5 word beskryf as die sterkste aardbewing wat dié land in 25 jaar getref het. Nagenoeg 7-honderd mense is beseer. 

Die Guardian berig verder dat sewentig mense nog vasgevang is in ‘n steenkoolmyn in die omgewing van waar die aardbewing getref het. Volgens die nuusdiens kan die owerhede ook nie met mense in sommige gebiede kontak maak nie weens die aardbewing wat selfoonnetwerke se infrastruktuur verwoes het.

Meer as vyftig naskokke is intussen gemeet.


Current track

Title

Artist