Stadig maar seker kruip Billy uit sy dop. Hy is skaam en teruggetrokke maar geniet die liefde en aandag wat hy by Adora Bull Terrier Rescue and Rehabilitation ervaar. Luisteraars was die afgelope diep getref deur Billy se storie. Esté Gross het in Impak (weeksdae tussen 13:00 en 14:00) berig dat die uitgeputte Billy in ‘n ernstige toestand , ondervoed, oortrek van byt-en slaanwonde en besmeer met motorolie en verf in ‘n Kaapse woonbuurt, berug vir bendegeweld en hondegevegte, aangetref is. Dit, te danke aan ‘n verbyganger ‘n barmhartige samaritaan wat Billy raakgesien het waar hy byna dood langs ‘n motorband gelê het. Die persoon het toe hulp gevra op sosiale media en wat daaruit gespruit het, is ‘n moontlike kans op oorlewing vir Billy.
Billy het die week `n operasie ondergaan vir die infeksie in sy bors. Tydens die operasie is daar vasgestel hy drie frakture in sy een poot het. Twee kan met `n stut reggemaak word terwyl die derde geopereer moet word. Die veearts sal binnekort aandui wat die weg vorentoe sal wees.