DIRCO ondersoek Afrikaanse vraelys op Ierse lugdiens

Deur on

4 Junie 2022

Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking – DIRCO – ondersoek bewerings dat reisigers met Suid-Afrikaanse paspoorte ‘n toets moes invul voordat hulle toegelaat word met die Ierse lugredery, Ryanair se vliegtuie te reis.

Dit kom nadat verskeie Suid-Afrikaners op sosiale media gekla het dat hulle eers die algemene kennis toets – wat glo slegs in Afrikaans beskikbaar is – moet invul om te bewys dat hulle wel Suid-Afrikaans is. 

Persone wat na Londen vlieg en weer elders vanaf Londen sê hulle moes die vraelys invul. 

Die vraelys wil ondermeer uitvind wat die hoofstad van Suid-Afrika is en wie die huidige president is. Volgens die lugdiens is die vorm ingestel te midde van ‘n toename in mense wat met vervalsde dokumente reis. 

DIRCO se woordvoerder, Lunga Ngqengelele sê hulle ondersoek die bewerings.


Lees verder

Current track

Title

Artist