26 Oktober 2023
Die Suid-Afrikaanse Vriende van Israel-inisiatief, oftewel SAFI het ‘n beroep op die departement van internasionale betrekkinge en samewerking, oftewel DIRCO gedoen om bystand te verleen nadat twee Suid-Afrikaaanse vroue gyselaar geneem is deur Hamas in die Gasa-strook.
SAFI se nasionale woordvoerder, Bafana Modise sê die vroue is bejaard en word tans saam met sowat 200 mense aaangehou.
Volgens hom het DIRCO se minister, Naledi Pandor telefonies met Hamas in verbinding getree kort nadat die twee vroue gyselaar geneem is. Sy meen egter sy het hulle slegs gebel om ‘n beroep op vrede te doen.
Modise sê as die regering en Pandor werklik besorgd is oor vrede moet hulle toesien dat die twee vroue vrygelaat word. “Ons saal daagliks met Dirco in verbinding tree totdat die vroue veilig is.”
Foto: NPR