Dikgang Moseneke stel voor dat vanjaar se plaaslike verkiesing uitgestel moet word

Deur on

20 Julie 2021

Die voormalige adjunk-hoofregter, Dikgang Moseneke het vanmiddag aangekondig dat sy ondersoek bevind het dat vanjaar se plaaslike verkiesing nié vry en regverdig sal kan voortduur nie. 

Dié verkiesing is veronderstel om op 27 Oktober 2021 plaas te vind.

Hy het voorgestel dat vanjaar se plaaslike verkiesing na Februarie 2022 uitgestel word. Dit kom nadat die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) ‘n ondersoek van stapel laat loop het na hoe om ‘n plaaslike verkiesing in Oktober aan te bied te midde van die Covid-19-pandemie. 

Die OVK het in Mei, Moseneke aangestel om die ondersoek te lei.

Volgens Moseneke is die beperkings op byeenkomste, gesondheidsrisiko’s en ander Covid-19-regulasies ‘n rede tot kommer.

Die OVK moet nou die Grondwethof nader om ‘n bevel te kry om die verkiesing te kan uitstel.

Hou Afrikaans op die lug

Klik hier


Current track

Title

Artist