“Die tyd vir afwenteling van polisiëringsmag is nóú,” meen AfriForum

Deur on

17 November 2023

Die burgerregteorganisasie, AfriForum sê in reaksie op die misdaadstatistiek is ‘n voorspelbare norm in Suid-Afrika, en skok nie meer nie. 

Die organisasie meen wat wel skok, is die feit dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens se topleierskap geen werkbare oplossings kan bied vir die 75 moorde en 75 pogings tot moord wat tans elke dag in Suid-Afrika plaasvind nie.

LEES OOK: MOORD NEEM VIR 2DE AGTEREENVOLGENDE KWARTAAL AF

Die organisasie se woordvoerder oor gemeenskapsveiligheid, Jacques Broodryk sê politieke inmenging, korrupsie, ’n gebrek aan opleiding en aanspreeklikheid lê die SAPD reeds veels te lank al lam.

Hy meen dit is duidelik dat hierdie situasie nie op nasionale vlak reggestel kan word nie.

Broodryk sê Suid-Afrika se enigste hoop om misdaad onder beheer te bring, rus nou by die afwenteling van polisiëringsmagte tot op provinsiale en streeksvlak.

“Dié afwenteling van mag sal beteken dat provinsies en streke meer sê sal hê in die formulering van hul eie teenmisdaadstrategieë sowel as die uitvoering daarvan.”


Current track

Title

Artist