Die impak van Covid19 op die gemoed van mense

Deur on

Nuuskommentaar: 28 Mei

Deur Hannes Noëth

Die dood van mense is altyd traumaties en seer. 

Covid19 het 55 000+ families in Suid-Afrika reeds aan die rou, dit is erg genoeg en ’n mens moenie ligtelik daarna kyk asof dit net syfers is nie.  Dit is gesinne, families en gemeenskappe wat seer het.  Nog meer traumaties egter is die selfdood van mense, waar donker gemoed die oorhand kry. 

Die afgelope week is ’n mens verstom oor berigte van soveel selfdood gevalle by kinders, broodwinners, moeders.  Lees ’n mens statistieke wereldwyd daaroor op dan is dit duidelik dat Covid19 op ’n ander terrein ook sy tol eis.  In die gemoed van mense.  Hierdie saak is nie ligtelik nie. 

So belangrik as wat dit is om die mens te beskerm teen ’n virus wat die liggaam doodmaak, so belangrik is dit dat gemeenskappe, skole, Kerke, werksplekke, ’n samelewing sal moet erns maak met die gemoed van mense.  Die maskers wat mense dra verbloem te maklik hierdie donker gemoed wat in mense leef.  Genadiglik is daar baie hulp te bied, daar is oplossings en daar is ’n toekoms. 

Wanneer so baie hierdie toekomspad nie meer sien nie, moet mense mekaar help.  Dit is nodig dat Kerke aandag gee aan hoe dit met die gemoed van hulle lidmate gaan en ook skole oor hulle kinders en personeel en ouers, ook werkgewers oor hulle wernemers, vriende in ’n vriendekring en gesinslede binne ’n gesin.  Juis in hierdie tyd van fisiese virus sieke, dinge wat baie verander en ’n samelewing wat toenmende bekendheid en orde wegvat, moet mense ingestel raak op die binnekante van ’n ander. 

Gebeur dit nie gaan die gemoedsdonkerheid groei en die impak daarvan op die samelewing net swaarder en swaarder word.  Wanneer iemand fisies moeg raak is dit sigbaar en duidelik, wanneer iemand psigies uitsak word dit dikwels nie herken, gesien en waargeneem nie.  So dikwels as wat mense ingestel is op die gesondheid van ’n ander, nog meer dikwels moet daar opreg gevra word hoe met mense se binnekante gaan. 

Elke selfdood is een te veel, elkeen wat die vreugde van lewe verloor is een te veel, elkeen wat visie verloor op ’n toekoms is een te veel.  ’n Gemeenskap moet weer fokus daarop om saam vorentoe te gaan.  Mekaar te beskerm en mekaar te begelei.  ’n Mens het nie altyd die antwoorde vir konteks van ’n ander nie (bv. hoe ant jy iemand wat ’n jaar al sonder werk sit, of hoe antwoord jy iemand wat seer het oor ’n covid-dood) maar daar is mense wat kan help, daar is organisasies wat help, daar is geestelike leiers wat help.  Maar mense moet leer om nie alleen swaar te kry nie. 

Covid19 is ’n wereldwye pandemie, daarom moet mense nie alleen gelaat word met hulle smart, wonder, onsekerheid en swaarkry nie.  Dit kan saam hanteer word.  Want die lewe van ’n mens is belangrik.  Die binnekant van ’n mens moet opgepas word.  Een van die kernelemente in hoe ons vorentoe gaan, gaan, lê in die vraag hoe ons gaan omsien na die emosionele, psigiese, gemoedstoestand van die hele samelewing. 

Hoop, Glo, Leef in Afrikaans.
Jou ondersteuning versterk Afrikaanse media. Hou jou taal op die lug.
Klik hier.


Current track

Title

Artist