Die Geloftekerk en die Afrikaner se demografiese dilemma

Deur on

Nuuskommentaar: 28 Julie

Deur: Victor Correia

Daar is ‘n groot verskil tussen “veilig wees” en “veilig voel”. Pietermaritzburg was nie voor die onlangse opstande bekend as ‘n onveilige stad nie. Inwoners wat voorheen veilig gevoel het in die stad, is nou ontnugter. Dit is geweldig traumaties as die plek waar jy nog altyd woon oornag in ‘n puinhoop omgekeer word.  

Vir verskeie inwoners van Pietermaritzburg, was dit ‘n groot skok. Daar was nog altyd onveilige plekke in die dorp wat ‘n mens liefs vermy het. Tog het die gevoel dat die stad veilig is altyd ‘n mens gerus gestel. Die veiligheidsgevoel is ernstig geskend deur die onlangse onluste.

In die geval van Pietermaritzburg, was dit opmerklik dat die onluste meer was as ‘n Zuma protes. Hier moet ‘n mens nie die fout maak om net die gebeure aan Zuma se inhegtenisneming toe te skryf nie. Midde in die Zuma opstande was daar selfs groter historiese en demografiese kragte aan die werk.  

Vanuit Afrikaners se oogpunt gesien, was Pietermaritzburg eens op tyd die hoofstad van ‘n boerepubliek. Na die Slag van Bloedrivier is die Geloftekerk hier gebou om die Here te dank vir die oorwinning wat Hy daar gegee het. Die Gelofte moet ons altyd onthou, maar die ligging van die geloftekerk herinner ons aan die Afrikaner se demografiese dilemma in Suid-Afrika. Afrikaners bly vandag steeds ‘n yl verspreide minderheid.

Iets hiervan kan ‘n mens opmerk deur ‘n besoek by die Geloftekerk in Pietermaritzburg af te lê. Die Geloftekerk bevind homself vandag direk langs ‘n groot taxistaanplek. Daar is vandag hier nie ‘n Afrikaner in sig nie. Sonder om die beeld te ver uit verband te trek, kan ons wel sê dat die geloftekerk vandag deur ‘n laer van Zoeloetaxis omring word.

Die Geloftekerk wat eensaam in Zoeloeland staan is ‘n simbool van die yl verspreide Afrikaner in Afrika. Daar was deur die tyd een konstante. Afrikaners was altyd in die minderheid. By Bloedrivier kon Afrikaners hul teen die meerderheid beskerm met wapens, maar vandag word wetsgehoorsame burgers ontwapen terwyl plundertogte deur gewapende mense uitgevoer word. Vandag is Afrikaners ‘n kleiner minderheid en boonop het die Zoeloe’s veel meer geword en dra hul ook wapens.

Daar is wel iets anders wat ons moet raaksien. Dit is die invloed van die demografie. Tydens die afgelope plundertogte was die polisie oorweldig deur absolute getalle. Dit was nie ‘n gewapende oorname van die hoofstad se strate nie. Die mense wat deelgeneem het aan die plundertogte was ook nie almal gewoontemisdadigers nie. Hul was in meeste gevalle uit die werkersklas.

Vanweë hul blote getalle kon die polisie nie byhou nie. Anargie het vir ‘n tydperk uitgebreek. Elkeen kon vat wat hul wou, en as dit nie vir gemeenskappe was wat hulself beskerm het nie was die skade dalk nog groter.

Die geskiedenisboeke sal daarop wys dat dit nie met spiese en skilde was wat die Zoeloe’s Pietermaritzburg oorgeneem het nie, maar eerder met hul pikke, grawe, wasgoedseep en kinders.

Hou Afrikaans op die lug

Klik hier


Current track

Title

Artist