28 Maart 2024
Die omstrede e-tolstelsel sal amptelik op 12 April afgeskakel word.
Die minister van vervoer, Sindisiwe Chikunga, het dié nuus vandag in die Staatskoerant gepubliseer.
Die aanvanklike sperdatum vir die afskakeling van die stelsel sou 31 Maart wees, soos wat die Gautengse premier, Panyaza Lesufi, dit in sy provinsiale rede aangekondig het.
Die aankondiging moet egter twee weke alvorens dit in werking gestel word gemaak word en daarom sal dit eers op 12 April verwerklik word.
Die e-tolstelsel is in 2013 op Gautengse hoofweë ingestel en is met aversie begroet deur motoriste en die breë publiek.
Dit is nog nie seker of die e-tolhekke verwyder gaan word en of dit vir ander doeleindes ingespan kan word nie.
Fotokrediet: Gallo Images/Daniel Born