Die DA vra vir vinniger inentings

Deur on

7 April 2021

Die DA het ‘n beroep op die regering gedoen om op te hou om groot gewag te maak van elke keer wat hulle entstof teen Covid-19 bekom en eerder daarop te fokus om die inentingsprogram vinniger aan die gang te kry.

Dit volg nadat die DA vroeër aangekondig het dat hulle die Menseregtekommissie gaan versoek om dringend ondersoek in te stel na die stadige pas waarteen Suid-Afrika se inentingsveltog vorder.

Volgens dié party word elkeen se grondwetlike reg op gesondheid hierdeur geraak.

Aanvanklik het die minister van gesondheid, dr. Zweli Mkhize gesê dat die regering beplan om voor die einde van die jaar kudde-immuniteit te bereik deur twee derdes van die bevolking – oftewel 42-miljoen burgers – voor die einde van die jaar in te ent. 

Dié doelwit is egter onlangs verskuif na die aankondiging van president Cyril Ramaphosa dat twee-en-twintig-miljoen mense tussen November vanjaar en Februarie 2022 ingeënt gaan word.


Lees verder

Current track

Title

Artist