Die DA hang sy eerste verkiesingsplakkate

Deur on

2 Oktober 2023

Die DA het vanoggend sy plakkate vir die 2024 algemene verkiesing op lamppale in die Johannesburg-metro gehang. 

Die leier van die party, John Steenhuisen het die heel eerste plakkaat self gehang. Hy sê hul slagspreuk vir volgende jaar se verkiesing is; Registreer om Suid-Afrika te red. Volgens Steenhuisen het hulle besluit om die eerste plakkate in Johannesburg op te sit weens die benarde toestand van die stad. 

Hy meen Johannesburg is die beeld van Suid-Afrika se verval. Volgens Steenhuisen is die 2024-verkiesing een van die belangrikste verkiesings in die geskiedenis. 

Steenhuisen meen in 1994 het talle Suid-Afrikaners vir vryheid gestem, en 30 jaar later moet hulle stem om die land te red.

Hy sê dit is belangrik vir almal om te registreer.


Current track

Title

Artist