6 Junie 2024
President Cyril Ramaphosa het kort tevore aangedui dat die ANC ten gunste is van ‘n regering van nasionale eenheid.
Dit kom nadat landsburgers in spanning gewag het vir die ANC se besluite oor die pad vorentoe ná die pasafgelope verkiesing. Die aanvanklike voorspelling was dat die DA en die ANC ‘n koalisie sou vorm.
Ramaphosa meen die party se Nasionale Uitvoerende Komitee het saamgestem dat hul 40% steun na die verkiesing ‘n bewyse is dat die land nie gereed is vir ‘n Suid-Afrika sonder ‘n ANC nie.
Die aankondiging beteken dus dat die ANC politieke partye sal nooi om deel te wees van ‘n regering van nasionale eenheid.