“Die ANC spog oor suksesvolle maatskaplike toelaes”

Deur on

5 Desember 2023

 VF Plus meen die ANC is so vervalle dat hy spog met prestasies soos om maatskaplike toelaes te voorsien aan miljoene Suid-Afrikaners. 

Die VF Plus se LP in die Nasionale Raad van provinsies, Fanie du Toit sê dit is verstommend dat die ANC nie kan insien dat dit nié ʼn prestasie is nie, maar ʼn duidelike bewys van sy mislukking as regering.

Volgens Du Toit spog die regering daaroor dat maatskaplike toelaes die hoogte ingeskiet het oor die afgelope 25 jaar. Hy sê die werklikheid is eerder dat Suid-Afrika se maatskaplike toelaestelsel een van die wêreld se duurste is vir belastingbetalers om te onderhou.

Suid-Afrika het sowat 18-miljoen heeltydse begunstigdes terwyl sowat 10-miljoen persone ‘n tydelike verligtings-noodtoelaag ontvang.

Du Toit sê dit beteken dat bykans 47% van die bevolking maandeliks bakhand staan vir ʼn toelae om te oorleef omdat daar nie werk is nie.

“Slegs 770 maatskappye betaal meer as 60% van die korporatiewe inkomstebelasting en van die meer as 60-miljoen mense in Suid-Afrika betaal slegs 7,4 miljoen persoonlike inkomstebelasting. Hiermee moet die 28-miljoen werkloses onderhou word.”


Current track

Title

Artist