Departement stel ondersoek in na bewerings van lyfstraf by Gautengse skool

Deur on

7 April 2021

Die departement van onderwys in Gauteng ondersoek bewerings van lyfstraf by die Reiger Park Sekondêre Skool in Boksburg.

Dit kom nadat bewerings aan die lig gekom het van ‘n onderwyser, wat glo graad 12-leerlinge straf deur hulle met ‘n sambok te slaan of te dwing om op die vloer te sit.

Die uitvoerende hoof by die Raad van Opvoeders, Ella Mokgalane sê onderwysers word glad nie toegelaat om lyfstraf toe te dien nie omdat dit reeds sedert die laat 1990’s onwettig in skole is.

Mokgalane meen lyfstraf het emosionele uitwerkings op die kinders.

Die woordvoerder van die onderwysdepartement, Steve Mabona het bevestig dat hulle die saak ondersoek en dat daar onmiddellik teen die onderwyser opgetree sal word indien sy skuldig is.


Current track

Title

Artist