Dele van Johannesburg sonder krag ná vermeende kabeldief doodskok

Deur on

14 Februarie 2024

Die Johannesburgse kragmaatskappy, City Power se woordvoerder. Isaac Mangena sê dele van Hamberg, Floridameer, Florida, Georginia-Noord en ander omliggende gebiede in die Johannesburgse metro gaan vir minstens die res van die week sonder elektrisiteit wees.

Dit volg nadat vandale ‘n substasie beskadig het toe hulle probeer het om kabels te steel.

Een van die vermeende diewe het onherkenbaar verkool toe hy vermoedelik doodgeskok is.

Mangena sê tegnici het vanoggend met herstelwerk aan die substasie begin.

Dit moes gister afgeskakel word om wetstoepassers die geleentheid te gee om die liggaaam te verwyder en hul ondersoekwerk af te handel.


Current track

Title

Artist