20 Februarie 2024
Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) in Kaapstad sê hy sal nie skroom om vervolging in te stel teen die partye wat verantwoordelik is vir die haglike omstandighede waarin lewende hawe op ‘n skip in Kaapstad aangehou word nie.
Dit het op die sosiale media gegons oor die onaangename reuk wat gister oor die Moederstad gehang het en verskeie inwoners het die reuk aanvanklik aan stukkende rioolwerke toegeskryf, voordat dit na dié skip nagespoor is.
Volgens die DBV het hulle ‘n wenk gekry dat die Al Kuwait – wat op die 10e Februarie uit Brasilië gevaar het – by Kaapstad sal aandoen en kon daar ‘n hofbevel bekom word om ondersoek in te stel na die omstandighede waarin die vee na Irak vervoer word.
Die DBV se Jaco Pieterse – wat sedert Sondag op dié skip is – sê op die skip se nege vlakke is drie beeste gekry wat reeds gevrek het en vyf se toestand was so sleg dat hulle van kant gemaak moes word.
Lees die DBV se volledige verklaring hier: https://nspca.co.za/kuwaiti-death-ship-docks-in-cape-town/