Datum van eerste parlementêre sitting binnekort bekend

Deur on

6 Junie 2024

Hoofregter Raymond Zondo sê hy sal binnekort die datum van die eerste sitting van die parlement aankondig waarin onder andere die president verkies sal word.

Dit is Zondo se grondwetlike plig om die datum aan te kondig van die sitting wat in die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum gehou sal word.

Zondo het die oorhandiging van die lyste van politieke partye se parlements- en wetgewerlede intussen as ’n mylpaal bestempel.

Dít terwyl hy die reëls vir die eerste sitting van die parlement – waar die president, adjunk-president en speaker verkies sal word – reeds in die Staatskoerant gepubliseer.

Die reëls sal ook van toepassing wees op die provinsiale wetgewers.

Zondo sal die voorsitter van die eerste sitting van die parlement wees.


Lees verder

Current track

Title

Artist