Daar’s weer lig… (in sekere gedeeltes van Pretoria-Oos)!

Deur on

20 Julie 2021

Groot dele van Pretoria se krag word stelselmatig herstel nadat sewe van die 12 panele by die Wapadrandsubstasie onder meer gebrand het.

Van die gebiede wat sedert Saterdagaand sonder krag gelaat is, sluit in onder andere Wapadrand, Equestria, Six Fountains, Willow Acres, Zwavelpoort, Olympus, Faerie Glen, Boardwalk, Tygerpoort en Silverlakes.

Die Tshwane-metro se burgemeesterskomiteelid vir nutsdienste, Phillip Nel sê werkers het ‘n gebrande kabel in Wapadrand – suid van Solomon Mhlangu – herstel, maar nuwe foute is intussen gevind. Aan die westelike deel van Wapadrand kon die krag ook nog nie herstel word nie. 

Volgens Nel is daar tans ‘n wanopvatting dat die noordelike woonbuurte van die substasie voorkeur geniet bo die woonbuurte aan die suide van die substasie – insluitend Boardwalk, Olympus en Faerie Glen.

Hy sê werk, wat aan die noorde gedoen word vertraag ook nié die herstelproses aan die suide nie.

Volgens Nel voorspel die metro dat alle herstelwerk teen môre afgehandel sal wees en poog hul daarin om die suidelike gebiede se krag teen môreaand te herstel.

Gereelde opdaterings word egter deurlopend verskaf.

Hou Afrikaans op die lug

Klik hier


Current track

Title

Artist