17 Oktober 2024
Die DA in Gauteng het ‘n PAIA-aansoek gebring om die premier van die provinsie, Panyaza Lesufi, te dwing om ‘n 177 forensiese ondersoek verslae openbaar te maak.
Die forensiese ondersoeke is die afgelope agt jaar van stapel gestuur om onder meer vas te stel of daar korrupsie en bedrog gepleeg is in die provinsiale regering.
Die DA beweer dat Lesufi die uitslae van die verslae geheim hou, omdat prominente ANC figure daarin uitgewys word.
Die party sê inwoners van die provinsie het ‘n reg om te weet wat in die verslae staan, en dat Lesufi dit nie langer kan wegsteek nie.