DA: 54% van nie-funksionele polisievoertuie kon gebruik word om onluste onder beheer te bring

Deur on

26 Julie 2021

Die DA se skadu-LUR vir gemeenskapsveiligheid in Gauteng, Michael Shackleton het ‘n beroep op die LUR vir dié portefeulje, Faith Mazibuko gedoen om dringend met die minister van polisie in verbinding te tree oor die groot aantal polisievoertuie in dié provinsie wat ondiensbaar is.

Volgens Shackleton is daar ‘n 124 voertuie van die Blitspatrollie wat tans nie in diens is nie en wag vir herstelwerk – van hulle vir meer as drie maande al.

LEES OOK: VF PLUS: TEKORT AAN POLISIEVOERTUIE IN MPUMALANGA MOET DRINGEND AANDAG GENIET

Hy sê die voertuie moet so spoedig as moontlik weer by hulle onderskeie eenhede uitkom om gebruik te word in die stryd teen misdaad.

Volgens hom kon die voertuie ‘n betekenisvolle rol gespeel het om die onlangse opstande onder beheer te bring.

Shackleton sê dié voertuie verteenwoordig meer as die helfte van die Blitspatrollie se hele vloot en dat net ‘n 107 voertuie tans diensbaar is in die provinsie.

Hou Afrikaans op die lug

Klik hier


Current track

Title

Artist