Covid-19-entstofsterftes in SA “minimaal”

Deur on

23 Julie 2021

Die president van die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad, prof. Glenda Gray sê dat entstowwe veilig en doeltreffend is – al is daar wel seldsame newe-effekte wat aangemeld word.

Gray het vanoggend tydens ‘n mediakonferensie meer oor Covid-19-entstowwe uitgebrei.

LEES OOK: STAATSKOERANT: BETAALDE VERLOF VIR COVID-19-INENTING

Sy meen die voordeel van entstowwe weeg steeds swaarder al is daar newe-effekte. Haar kommentaar kom nadat dit bekend geword het dat 28 mense in Suid-Afrika dood is nadat hulle teen Covid-19 ingeënt is.

“Die oorsaak van die sterftes moet ondersoek word sodat bepaal kan word of dit met die inentings verband hou.”

Volgens haar is dit belangrik om te kyk hoeveel newe-effekte aangemeld word per miljoene mense wat ingeënt word.

Sy sê newe-effekte word gewoonlik binne ses weke aangemeld nadat die entstof toegedien word. Dit is dus hoogs onwaarskynlik dat Covid-19-entstowwe langtermyn-newe-effekte sal hê, en oor die wêreld heen is dit nog nie aangemeld nie.

LEES OOK: REGERING WIL 35-MILJOEN INENTINGS TEEN KERSFEES TOEDIEN

Intussen het die waarnemende minister van gesondheid, Mmamaloko Kubayi-Ngubane bevestig dat die departement van gesondheid weg gaan doen met inentingsprogramme vir verskillende sektore in die samelewing, en net fokus op ouderdomsgroepe.

Sy meen die beplanning om mense in verskillende sektore in te ent, neem veels te veel tyd op.

LEES OOK: TWEE APTEEKGROEPE STAAN REGERING BY MET FASE 2 VAN SY INENTINGSPROGRAM

Kubayi-Ngubane sê verlede week se onluste het gelei tot ‘n verlies van meer as 47 000 inentings, met 120 privaat apteke wat beskadig is.

Hou Afrikaans op die lug

Klik hier


Current track

Title

Artist