Cope-leier se skorsing teruggetrek

Deur on

30 Augustus 2022

Cope het die skorsing van sy leier Mosioua Lekota teruggetrek.

Die party se adjunkpresident Willie Madisha, en die nasioanle woordvoerder Dennis Bloem het gister tydens ‘n mediakonferensie aangekondig dat Lekota geskors is, omdat hy verdeeldheid in die party saai.

Die party se nasionale voorsitter, Teboho Loate sê nou egter die aankondiging is oorhaastig gemaak deur Madisha, in ‘n desperate poging om sy eie aspirasies te bevorder.

Hy sê die teendeel is waar, dat Madisha en Bloem verlede week geskors is.

Volgens Loate bly Lekota dus as leier van die party aan, en verteenwoordig hy steeds Cope in die parlement.


Current track

Title

Artist