Coca-Cola in die sop oor beweerde kursus, wat werknemers aanmoedig “om minder wit te wees”

Deur on

22 Februarie 2021

Die koeldrankmaatskappy, Coca-Cola word wyd veroordeel nadat hulle na bewering ‘n aanlyn-kursus aangebied het waarin werknemers glo aangemoedig word om daarin te poog om “minder wit te wees.”

Dit kom nadat foto’s van die beweerde kursus se studiemateriaal op Twitter versprei is.

Die sielkundige, Karlyn Borysenko het dié studiemateriaal versprei, wat glo deur ‘n werknemer van Coca-Cola aan haar gestuur is.

In die foto’s kan gesien word hoe die beweerde kursus glo onderwerpe soos hoe om minder wit te wees, aanspreek. Onder dié opskrif moedig die kursus glo Coca-Cola se werknemers aan om minder arrogant, onderdrukkend en onkundig te wees.

Die studiemateriaal, soos op Twitter versprei.

‘n Woordvoerder van Coca-Cola het op Twitter gesê dat dié leermateriaal in die openbaar beskikbaar is op die platform, LinkedIn en dat dit nié die fokus van Coca-Cola se leerplan is nie.

Volgens die woordvoerder is dié kursus glo deel van die maatskappy se leerplan om te help om ‘n inklusiewe werkplek te skep.


Lees verder

Current track

Title

Artist