Clicks maak binnekort nóg inentingslokale oop

Deur on

14 September 2021

Die winkelgroep, Clicks sal binne die volgende paar weke ‘n bykomende 268 inentingslokale beskikbaar stel om te verseker dat méér mense ingeënt kan word. 

Volgens die groep is ongeveer 596 000 mense tot dusver by 300 Clicks inentingslokale ingeënt. 

Clicks sê in ‘n verklaring dat hulle hoop om 568 inentingslokale teen einde September in bedryf te hê. Dit beteken dat ongeveer 615 000 inentings per maand by Clicks-lokale toegedien kan word. 

Mense, wat reeds op die regering se aanlyn-stelsel vir die inenting geregistreer het kan dan ‘n afspraak op Clicks se aanlyn-stelsel maak.

Stem vir die Aitsa’s

Klik hier


Current track

Title

Artist