Centurion-pa kan toesig verloor nadat hy kinders pakslae gee

Deur on

14 Mei 2024

‘n 36-jarige pa van Centurion loop die gevaar om toesig oor sy kinders te verloor nadat hy skuld beken het dat hy hulle pakslae gegee het.

In sy pleitstukke voer hy aan dat hy onbewus daarvan was dat tugtiging nou as ‘n misdaad beskou word.

Die kinders se ma het die strafregtelike klagte in 2022 aanhangig gemaak tydens hul egskeidingsgeding – wat reeds in 2021 begin het.

Die kinders wat onderskeidelik sewe, vyf en drie-jaar oud ten tyde van die voorval.

In die vonnisverslag het die slagoffer se impakverklaring op die kinders aangedui dat die pakslae hulle getraumatiseer het en hulle met ‘n gevoel van vrees en hartseer gelaat het.

Die pa sal vermoedelik op die 23e Mei gevonnis word.


Current track

Title

Artist