Cele sê hy moedig nié taxi-geweld in Kaapstad aan nie

Deur on

4 Augustus 2023

Die minister van polisie, Bheki Cele, sê die Kaapstadse burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, JP Smith, het “ernstige sielkundige hulp nodig nadat hy glo sou sê dat Cele die taxi-geweld in Kaapstad aanmoedig.”

Dit volg nadat die Suid-Afrikaanse Nasionale Taxiraad, Santaco, se streeksgebonde staking geweldadig geraak het.

LEES OOK: GEWELD VLAM OP IN KAAPSE TAXI-BETOGING

Cele het verslag gdoen oor die jongste gebeure – uit die polisie se perspektief – en sê hy het iewers gelees dat Smith hom van aandadigheid beskuldig het.

Volgens die minister plaas die geweldadige optrede druk op die polisie se hulpbronne en moes lede – wat by die netbal Wêreldbekertoernooi en die nasionale gesprek oor koalisieregering ontplooi is – herontplooi word om taxi-geweld te bekamp.

KOOP NOU KAARTJIES – https://itickets.co.za/events/472390

Current track

Title

Artist