Klankkoerant
Page: 7
TEGNUUS met Anton Matrikulante en studente beleef hoë vlakke van druk tydens eindjaareksamens. Hulle selfbeeld speel ’n sleutelrol in hoe hulle die eksamen benader en hoe hulle presteer. Ons gesels met Samara Berrange, berader en akademiese spesialis by Boston Online Home Education.
NASA kon daarin slaag om die klank van ’n gravitasiekolk – in Engels ’n black hole – op te neem en dié klank te meng sodat dit vir die menslike oor hoorbaar is. En die vrystelling van dié klank het ruimte-geesdriftiges gaande.Esmarie Yssel doen verslag. Pretoria se Jakaranda’s het geskiedkundige simboliese waarde wat so diep […]
Suid-Afrika se renosters is steeds in die visier van stropingsindikate. Dít het ongelukkig nog nie verander nie, maar die privaat sektor speel ’n ál groter rol in die stryd teen renosterstroping.Esmarie Yssel het saam met Rhino Connect ’n privaat wildsplaas besoek waar ses witrenosters deur ’n spesialisspan onthoring is, en sy het vir ons hierdie […]
Die inskrywings vir die Suid-Afrikaanse juniorkommunikeerdertoekennings – sluit amper. Dié platform verleen erkenning aan jong landbouskrywers en joernaliste. Jongelinge het kans tot Maandag 31 Oktober om vir hierdie kompetisie in te skryf.
`n Waghondorganisasie waarsku dat die staatsdienspensioenfonds nie sy gebeurlikheidsreserwes so goed dek soos hulle voorgee nie. Die Vereniging vir die monitering en voorspraak van staatspensioene (AMAGP) sê die gebeurlikheidsreserwe van die fonds is aansienlik laer as wat die jaarverslag aanvoer
Daar is nog geen teken van die munisipale bestuurder van die Nkangala-distriksmunisipaliteit in Mpumalanga, Maggie Skhosana en haar motorbestuurder, Gugu Mtsweni, nie. Dié twee amptenare is verlede Donderdag buite die hekke van die munisipale kantore ontvoer. Ons praat met Morney Vos, spesialisondersoeker by Specialised Security Services – wat aan hoof van die taakspan staan. 2) […]
🐘 Charlotte Gouws sal eersdaags die speke laat sing vir die Hoedspruit Elephant Rehabilitation & Development-olifanthawe in Limpopo. HERD bied ’n tuiste aan olifante wat om verskeie redes wees gelaat is, maar doen ook hul bes om die olifante weer in die natuur vry te laat.
Die Sizwe Kupelo-stigting het ’n petisie van stapel laat loop waarin vier ministers, onder andere die minister in die presidensie asook die minister van landbou, gesondheid en die polisieminister versoek word om ’n onmiddellike verbod te plaas op Amerikaanse Veghonde in Suid-Afrika. Dié petisie is reeds deur meer as 37-duisend Suid-Afrikaners onderteken.Dié oproep volg op […]