Klankkoerant

Page: 6

Een van Pretoria FM se getroue luisteraars, ’n dame van Gauteng, wat ’n hart vir die natuur en natuurbewaring gehad het, wou ná haar afsterwe ’n wesenlike verskil maak… en het – nadat sy oor die luggolwe van Rhino Connect se werk te hore gekom het – besluit om ’n bedrag geld aan dié natuurbewaringsorganisasie […]

Trekpleisternuus met Mari FliekVrydag: Wakanda forever/ Emily/ Notre dame on fire

Daar word elke jaar meer as 10-duisend baba’s in Suid-Afrika weggegooi… en die meeste word – volgens Baby Savers Suid-Afrika – nie lewend gevind nie. Dié nasionale koalisie van organisasies streef daarna om ’n einde te bring aan die tendens van weggooibaba’s in die land. Ons praat met Nadene Grabham, medestigter en direkteur van die […]

229 Suid-Afrikaanse studente, wat bekend staan as Corsas – die Community of RSA Students in Russia – sit gestrand in Rusland en hul pleidooie wat aan die regering gerig is blyk op dowe ore te val. Hulle versoek bystand om hul klasgeld en verblyf deur die departement van basiese onderwys in Mpumalanga betaal te kry. […]

Kodering en robotika sal van aanstaande jaar af deel van die skoolkurrikulum vir Graad R tot 3 en vir Graad 7 wees. Ons gesels met Riaan van den Bergh, onderwystegnologiebestuurder by Fedsas. Voetgholf sal eersdaags in Oos-Londen in die Oos-Kaap aangebied word. Maar dié sport is reeds gewild in ander dele van die land en […]

TegNUUS met Anton. Centurion, suid van Pretoria, het die grootste getal sinkgate in die Tshwane-metro en het verlede week die een op die M24 by Snake Valley-weg tussen Fjordweg en ou Johannesburgweg bygekry. Daar’s nou minstens 47 sinkgate in dié metrogebied. Die VF Plus meen die metro moet sinkgate met groot omsigtigheid hanteer. Ons praat […]

Trekpleisternuus met Mari Oosthuizen

🏉 Daar heers groot onsekerheid oor die toekoms van die geskiedkundige Nuweland-rugbystadion in Kaapstad… en die spekulasie het weer vlamgevat toe ’n video op sosialemediaplatforms – soos SupaRugby op Facebook – versprei is wat wys hoe die eens lowergroen gras nou dor staan met onkruid wat hier en daar kop uitsteek. Ons vind meer uit […]

Die Wêreldgesondheidsorganisasie – die WGO – sê die hoeveelheid mense wat met tuberkulose besmet is, het vir die eerste keer in 20 jaar toegeneem. Volgens die WGO het tien-komma-ses-miljoen mense in 2021 die siekte opgedoen. Dis ’n 4,5 persent toename. Ons gesels met Ingrid Schoeman, direkteur van aktivisme en strategie by TB Proof, ’n tuberkulose-aktivismeorganisasie. […]

Die Turkse maatskappy, Karpowership wil nog ’n laaste poging aanwend om hulle kragskepe in Suid-Afrika te kan kom vasmeer. Ons praat met die VF Plus-LP en hoofwoordvoerder oor minerale- en energiesake, dr. Wynand Boshoff. Navorsing wat onlangs deur FOUR PAWS en die New York-universiteit vir die eerste keer onderneem is oor speeltyd met welpies in […]


Current track

Title

Artist