Klankkoerant

Page: 5

Die navorsingsblad Wikipedia se Afrikaanse diens het pas sy 21ste bestaansjaar gevier. Ons gesels met Deon Steyn, die direkteur van Wikipedia wat aan stuur van die Afrikaans-portefeulje staan. TEGNUUS met Anton

Die DA in Oudtshoorn is warm onder die kraag omdat die raad van die CP Nel-museum dié bekende museum in trurat bestuur. Dié museum was die eerste in die land om vereer te word met die Toekenning van Akkreditasie in 1982 en het in 1983 ’n vierstergradering ontvang. Ons gesels met Chris Macphearson, die burgemeester […]

Skoolverlaters word nou deur besluite gekonfronteer wat hul lewe en loopbaan sal vorm en ’n invloed op hulle toekoms sal hê.Dit raak toenemend moeiliker om op ’n studie- of werksrigting te besluit omdat die werksplek deurlopend verander as gevolg van digitalisering, outomatisering en kunsmatige intelligensie.Ons gesels met Gadiel Robbertze, beroepskenner en gehaltebestuurder van akademie by […]

Tegnuus

Charlotte Gouws van Centurion het gister die 94.7-fietswedren in Johannesburg afgelê om geld in te samel vir die Hoedspruit Elephant Rehabilitation & Development-olifanttoevlugsoord in Limpopo.

Trekpleisternuus met Mari Oosthuizen FliekVrydag

Die Oos-Kaapse verkeerspolisie het nie koeëlvastebaadjies nie. Twee verkeersbeamptes is die afgelope maande aan diens doodgeskiet, terwyl koeëlvaste baadjies reeds die afgelope dekade deur lede gedra behoort te word. Marshall Von Buchenroder sluit by ons aan. Hy is die DA se hoofsweep in die Oos-Kaap en die party se skadu-LUR vir paaie en vervoer in […]

Die Suid-Afrikaanse Akteursgilde het ’n enig-in-sy-soort organisasie in die lewe geroep om akteurs in die land te help met die invordering van tantieme. Die organisasie staan bekend as die Suid-Afrikaanse Film- en Televisie-akteursregteorganisasie, Saspro. Vir meer sluit ons aan by Carlynn De Waal-Smit, Saspro-raadslid. Ons praat vanoggend oor COP19 wat Maandag in Panama in Suid-Amerika […]

Die minister van openbare werke, Patricia de Lille, sê die departement van verdediging moet die skuld kry vir die vertragings met die vervanging van die Beitbrug-grensheining. Ons praat met Kobus Marais, DA-parlementslid en die party se skaduminister van verdediging en militêre veterane. Teen laat gistermiddag was talle inwoners van Bethlehem in die Vrystaat se watertoevoer […]

TEGNUUS met Anton. ’n Diepruimtegrondstasie word in die Karoo gebou wat glo teen 2025 in bedryf sal wees. Suid-Afrika sal R70 miljoen vir dié projek bewillig. Dr. Ruhann Steyn sluit by ons aan. Hy is verbonde aan die Sentrum vir Ruimtenavorsing by die Noordwes-universiteit.


Current track

Title

Artist