Klankkoerant
Page: 4
Trekpleisternuus
Oor ’n maand neem ons Mejuffrou Suid-Afrika, Ndavi Nokeri, deel aan die Mejuffrou Heelal-kompetisie in Amerika. Sy het ván die uitrustings waarin sy sal pronk in Sandton in Gauteng ten toon gestel. Een van die uitgesoekte ontwerpers is Juan Visser van Juan William Aria, en hy gesels met ons.
Dit is ’n groot aanpassing vir studente om die studentelewe te verruil vir die werksplek. Ons praat met die instellingshoof by Boston City Campus, dr. Hendrik Botha.
Burgersdorp in die Oos-Kaap sit met grootskaalse waterprobleme… hoewel die JL de Bruin-opgaardam vol is. Vir besonderhede gesels ons met die DA-LP, Marina van Zyl, wat ook New Horizon se kiesafdelingshoof is. Birdlife Suid-Afrika het die Kaapse papegaai – bekend as die heldergroen en goue juweel van die woud – aangewys as 2023 se Voël […]
Blind SA het ’n braillemuseum, die Antonnette Botha-museum, by sy kantore in Alberton in Gauteng geopen. Die VF Plus-raadslid, Jennifer Glover, wat ook burgemeesterskomiteelid vir gesondheid en maatskaplike ontwikkeling in die Ekurhuleni-metroraad is – wat by die openingsgeleentheid. TegNUUS met Anton
Die LUR vir gesondheid in Gauteng het bevestig dat daar sedert Januarie verlede jaar 43 voorvalle by 17 staatshospitale en -klinieke plaasgevind het waartydens mediese personeel op een of ander wyse gewelddadig aangeval en beseer is. 16 van die gevalle wat in Gauteng aangemeld is, het by die Weskoppies-psigiatriese hospitaal plaasgevind. Esmarie Yssel doen verslag.
Liefdadigheidsinstellings in veral Kaapstad ervaar ’n sogenaamde ontploffing in haweloosheid, en chróniese haweloosheid. MES is ’n bekende Christelike versorgingsinstelling wat haweloses bystaan en weer op die been help. Die VF Plus het ’n dringende beroep op die Tshwane-metro gedoen om alternatiewe energiemetodes te ondersoek om die hoofstad te vrywaar van beurtkrag.
Die Nature Journal het verlede jaar syfers vrygestel wat die beduidende afname in haaigetalle aandui. Die bewaring van haaie is as besprekingspunt by die wêreldwildlewekonferensie, COP19, in Panama onder die loep geneem. Ons gesels met Leigh de Necker. Sy is ’n haaibioloog en marienebewaarder.
Die Mpumalanga-wildlewebestuurseenheid is besig met ’n groot projek: om ’n trop seekoeie te vang. Ons praat met Gait-Jan Sterk, wildbewaarder by die Mpumalanga- toerisme-en-parke-agentskap. Die jongste uitgawe van die Pretoria Historia-tydskrif is nou beskikbaar. Hierdie uitgawe is baie spesiaal, want die tydskrif se eenjaarverjaarsdag word gevier. Ons gesels met die redakteur van die Pretoria Historia, […]
Ons gesels landbousake! Vir navrae e-pos jake@klankkoerant.co.za