Klankkoerant

Page: 2

Die bekende ekonoom, Dawie Roodt en sy gesin is tans gestrand in Rusland. James Kemp het met hom gesels.

Daar is weefselmonsters van die reuseinkvis wat oor die naweek op Kommetjiestrand in die Wes-Kaap uitgespoel het gestuur vir DNS-ontleding. Vanoggend kry ons meer besonderhede by die kurator van die Twee Oseane-akwarium in Kaapstad, Tinus Beukes.

Die wêreld het verlede Donderdag, 28 April, die lig gewerp op meisies in die inligtingskommunikasie- en tegnologiesektor, veral op die geslagsgaping wat in hierdie bedryf bestaan. Volgens ’n artikel wat in die Global Citizen gepubliseer is, is slegs 13 % van Suid-Afrika se gegradueerdes in die STEM-sektore, wat verwys na Science, Technology, Engineering en Mathematics… […]

Veeartse is tweede op die lys van beroepe in die wêreld met die hoogste selfdoodsyfer.Die enigste beroep met ’n hoër selfdoodkoers is polisiebeamptes.Dis 30 April Wêreld-veeartsdag… en dié dag fokus vanjaar juis op veeartse se veerkragtigheid, om die geestesjuk en fisieke laste wat hulle moet dra beter te verstaan en te hanteer en om die […]

Ons gesels landbousake! Vir navrae e-pos jake@klankkoerant.co.za Ons gesels landbousake! Vir navrae e-pos jake@klankkoerant.co.za

Dis Trekpleisternuusdag saam met Klankkoerant se aanlyn joernalis, Mari Oosthuizen.

Die eerste kwartaal van die skooljaar is in die sakkie en die kinders het rapporte gekry, maar nie elke kind is ’n akademiese presteerder nie. Hoe kan ouers ’n swak rapport hanteer? Ons vra dít vir die hoof van die Skoleondersteuningsentrum se Grondslagfasevereniging, Marnelda de Beer. 52 sake van misdaad is tussen Januarie 2019 en […]

🐘 Kenners is bekommerd oor ’n oormaat olifante in die Nasionale Krugerwildtuin… Ons gesels met Wildbedryf Suid-Afrika.

Twee tieners van Hartbeespoort in die Noordwes-provinsie is vir menigte inwoners en oudinwoners van dié spogdorp ’n vars briesie. Marike en Eugene Erasmus het sowat ’n jaar gelede ’n onderneming, genaamd Kids in Action Cemetery Care, begin en hulle doen dié naam gestand: Hulle maak die Hartbeespoort-begraafplaas skoon en hou die grafte netjies.Esmarie Yssel het […]

Die Bedreigde Wildlewe-trust se Maloti-Drakensberg Vanishing Vultures-projek is een van vier internasionale wildbewaringsinisiatiewe wat meeding om befondsing van die Europese Buitelewe-bewaringsvereniging. Die Maloti-Drakensbergpark, wat ’n UNESCO wêrelderfenisgebied is, is die tuiste van die laaste van die suidelike streek se erg-bedreigde Baardaasvoëls. Daar is minder as ’n 100 broeipare in die berge oor. Jy kan tot […]


Current track

Title

Artist