Bybelse Argeologie
Page: 7
SALOMO SE DIPLOMATIEKE HUWELIK MET DIE FARAO SE DOGTER: Volgens die Bybel het koning Salomo in ongeveer 960 v.C. ’n diplomatieke huwelik met die Egiptiese farao gesluit deur met sy dogter te trou. Dit is waarskynlik die oudste vredesooreenkoms wat tussen Israel en Egipte gesluit is. Die naam van die farao word nie genoem nie […]
KONING DAWID AS ORPHEUS IN ’N OU SINAGOGE UITGEBEELD– In Gasa is ’n ou Joodse sinagoge ontdek met ’n mosaïekvloer waarin koning Dawid met ‘’n harp uitgebeeld word. Die beeld van Dawid word egter voorgestel na die uitbeelding van die Griekse mitologiese god Orpheus.
DIE GEWIGGIE WAARMEE ’N HANDELAAR VERKUL HET: Langs die nuut ontdekte pelgrimspad tussen die Siloambad en die tempel van Jerusalem is ’n gewiggie ontdek wat deur ’n handelaar gebruik is om mense te bedrieg. Dié gewiggie werp lig op tekste in die Bybel waar verwys word na oneerlike handelsmetodes.
JESUS GENEES MELAATSES IN MOSAÏEKWERK: In baie kerke uit die Bisantynse tyd is mosaïekpanele geskep waarin tonele van Jesus se wondergenesing van melaatses uitgebeeld word. Dié panele het die bedoeling gehad om aan gelowiges die boodskap te bring dat hulle sonde en siektes in Christus genees kon word.
’N OU VERDEDIGINGSMUUR VAN JERUSALEM ONTDEK: Die ontdekking van ’n ou verdedigingsmuur aan die oostelike hang van die Tempelberg het Israelse argeoloë in trane gehad toe hulle besef wat die struktuur werklik is. Dit is ’n oorblyfsel van die verdedigingsmuur wat opgerig is om die tempel van Salomo te beskerm.
DIE JERUBBAÄL-INSKRIPSIE – Die stuk van ’n kruik se handsvatsel wat uit 1050 v.C. dateer, is ontdek met die naam “Jerubbaäl” daarop. Die Bybelse rigter, Gideon, was ook Jerubbaäl genoem (Rig. 6:32). As hierdie naam op die kruik met die rigtertyd verband hou, is ’n belangrike ontdekking gemaak.
DIE BABILONIESE KRONIEK EN DIE JOODSE BALLINGSKAP: Nabonidus was die laaste koning van Babilonië voordat Kores van Persië Babilon verower het. In die Babiloniese kronieke is daar verskeie tablette met inligting wat die Bybelse verhale bevestig, maar ook met nuwe inligting uitbrei. So vertel die Jojagin-rantsoentablet byvoorbeeld presies hoeveel olierantsoen aan koning Jojagin gestuur is […]
DIE NASARET-DEKREET: ’n Marmersteen met ’n Griekse inskripsie daarop wat uit ongeveer 41 n.C. dateer, lees dat die Romeinse keiser bepaal het dat enigiemand wat betrap word dat hy ’n graf óf grafsteen skend, met die dood gestraf sou word. Sou hierdie dekreet dalk verband kon hou met die Romeine se propaganda dat Jesus se […]
CYNISKA, DIE EERSTE VROU WAT ’N OLIMPIESE KAMPIOESKAPSTITEL GEWEN HET – Die eerste vrou wat ’n kampioenskapstitel by die antieke Olimpiese Spele kon verower, was ’n Spartaanse prinses wat die strydwaresies teen mans in 396 en 392 v.C. kon wen. Haar prestasie is op ’n stele aangebring wat soos ’n perdehoef lyk.