Bybelse Argeologie

Page: 5

DIE SILOAMINSKRIPSIE AAN ISRAEL TERUGGEGEE: Die Turkse regering het ná meer as ’n honderd jaar besluit om die oorspronklike steen met die Siloaminskripsie daarop aan Israel terug te gee. Dié steen is deur die Ottomanyk, wat van 1516 tot in 1917 oor Jerusalem en die Midde Ooste regeer het, na Istanbul geneem. Die Siloaminskripsie is […]

DIE PLEK WAAR KONING JEHOAS VERMOOR IS: Die plek waar koning Jehoas van Juda (835–796 v.C.) deur sy amptenare vermoor is, is volgens nuwe navorsing nou vasgestel. Volgens 2 Konings 12:20 is hy ná ’n sameswering van sy amptenare by Bet-Millo vermoor. Self was hy maar sewe jaar oud toe hy koning geword het. Hy […]

MADABA: DIE WÊRELD SE OUDSTE BYBELKAARTDie wêreld se oudste Bybelkaart staan bekend as die Madabakaart. Dié kaart is in die vloer van ’n Bisantynse kerk uit die tweede helfte van die sesde-eeu in Madaba, Jordanië, gevind. Die kaart is nie op papier geteken nie, maar met kleurvolle steentjies in mosaïek in die vloer van die […]

DIE SANHERIB-STELE’n Stele van koning Sanherib wat van 705 tot 681 v.C. oor Assirië regeer het, is in die buitewyke van Mosul in Irak ontdek. Dit was op die ou pad wat na Nineve gelei het. ’n Stele is ’n kennisgewing wat gewoonlik op klip geskryf en langs die pad opgerig is om verbygangers in […]

DIE JESUS-BOOT’n Boot wat in die See van Galilea ontdek is, word die Jesus-boot genoem. Die boot het dertien sitplekke gehad en dateer uit 40 v.C tot 70 n.C. Wetenskaplike ondersoeke wat op die boot gedoen is, het bevind dat dié boot in 67 n.C. deur die Romeine gesink is tydens ’n aanval op Migdal. […]

DIE ONBEKENDE GRAF IN GADARA: Op die plek waar Jesus duiwels in varke gejaag het, is ’n vierde-eeuse kerk gekry met ’n vloeropening waardeur mense by ’n graf uit 29 n.C. kon inkyk. Keiser Konstantyn die Grote se moeder, koningin Helena, wat gereeld pelgrimsreise na Israel onderneem het, het die kerk oor die graf laat […]

’N DIEF OP DIE GROND BETRAP WAT MET JUDAS ISKARIOT SE GELD GEKOOP ISIn 2018 is ’n dertigjarige man in hegtenis geneem nadat hulle hom met oudhede betrap het wat hy in die ou Christenpelgrims se begraafplaas in Akeldama gesteel het. Dié inhegtenisneming het weer die aandag gevestig op die plek Akeldama waar dit net […]

DIE PLEK VAN JESUS SE KRUISIGING OP ’N ROMEINSE MUNT UITGEBEELD: ’n Baie skaars muntstuk is in die voorstad Ramat Ha-Sharon in die noorde van Tel Aviv gekry. Hierdie munt is in goud geslaan en is in 638 of 639 gemunt. Die muntkant daarvan wys keiser Heraklius en sy twee seuns, met die keiser wat […]

’N OU RITUELE BAD UIT DIE TYD VAN JESUS IN GETSEMANE ONTDEKKonstruksiewerkers wat in Jerusalem besig was om aan ’n tonnel te werk, het onder die Rooms Katolieke Kerk van Alle Nasies ’n ou rituele bad (mikveh) ontdek wat uit die tyd van Jesus dateer. Dié bad was nie binne die stadsmure van Jerusalem geleë […]

’N GOUE RING MET DIE OUDSTE UITBEELDING VAN JESUS DAAROPOnder die inhoud van die wrak van ’n Romeinse skip wat gedurende die derde eeu voor die hawe van Caesarea in ’n seestorm gesink het, is ’n duur goue ring gekry. Hierdie ontdekking is ’n uiters kosbare vonds vir die geskiedenis van die vroeë Christendom. In […]


Current track

Title

Artist