15 Mei 2024
Internasionale media berig ook oor die Olimpiese atleet, Caster Semenya (33) se uitgerekte hofstryd teen Wêreld Atletiek, wat vandag weer in die Europese Hof van Menseregte (ECHR) begin.
Semenya het tydens 2012 en 2016 se Olimpiese Spele goud gewen vir die 800 meter baan-item. Sy kon egter nog nie weer ‘n goue medalje najaag nie omdat Wêreld Atletiek in 2018 reëls geïmplementeer het wat haar verplig om medikasie te gebruik om haar testosteroonvlakke te verminder.
LEES OOK: SEMENYA VRA VIR DONASIES VIR REGSKOSTE
Semenya is met ‘n intergeslagtelike toestand gebore, maar identifiseer haarself as ‘n vrou. Die Hof van Arbitrasie vir Sport (CAS) in Lausanne, Switserland het in 2019 teen haar beslis, en het aangevoer dat sy ‘n onregverdige voordeel het teen haar vroulike kompetisie.
Die ECHR het egter in Julie verlede jaar met vier teenoor drie stemme beslis dat CAS se beslissing teen Semenya diskrimineer. Dit het egter nie ‘n verandering in die reëls meegebring nie, en is grootliks simbolies van aard.
LEES OOK: CASTER SEMENYA WEN HOFSAAK OOR TESTOSTEROON-VLAKKE
Die hofsaak wat vandag begin, sal bepaal of Semenya wel medikasie moet gebruik om haar testosteroonvlakke te verlaag. Volgens berigte het sy al meer as R30-miljoen bestee aan regskoste.
Foto: Eurosport