Carl Niehaus dien klagte teen ANC by polisie in

Deur on

15 September 2021

Die voormalige ANC-werknemer, Carl Niehaus het vanoggend strafregtelike klagte teen senior lede van die ANC namens werknemers van dié party by die Johannesburg-sentraal polisiestasie aanhangig gemaak. 

Dit hou glo verband met die regerende party wat reeds die afgelope paar maande nié sy werknemers se salarisse betaal nie. Volgens Niehaus kan die ANC nie sy finansies bestuur nie, wat beteken dat werknemers daaronder moet ly. 

LEES OOK: CARL NIEHAUS VERSKYN IN HOF NADAT HY NIÉ BOETE BETAAL NIE 

Die klagte is gelê teen onder andere president Cyril Ramaphosa in sy hoedanigheid as leier van die ANC en ander ampsdraers, David Mabuza, Jessie Duarte, Paul Mashatile, Gwede Mantashe, asook teen die ANC as organisasie.

Hy het aan media buite die polisiekantoor gesê dat hy ‘n mediakonferensie sal hou nadat die klagtes aanhangig gemaak is.

Stem vir die Aitsa’s

Klik hier


Current track

Title

Artist