BYBELSE ARGEOLOGIE 9 OKTOBER 2022

Deur on

DIE MERNEPTAH-STELE EN DRIE SKELETTE IN ’N VERBRANDE GEBOU
1 Konings 9:16 vertel dat die farao van Egipte baie jare vroeër Geser ingeneem en verwoes het. Tydens argeologiese opgrawings by Tel Geser is in ’n gebou ontdek wat deur ’n vernietigende brand verwoes is, en waarin die oorblyfsels van drie menslike skelette gekry is. Hierdie ontdekking is ’n hartroerende vonds. Twee van die skelette het bymekaar gelê en is dié van ’n volwasse persoon wat op sy/haar rug met uitgestrekte arms na bo gelê het. Net onderkant die linkerbeen van hierdie skelet het die oorblyfsels van ’n jong kind se beendere gelê. Twee vertrekke verder is die skelet van ’n man gekry wat op sy regtersy gelê het met sy bene effens opgetrek en sy arms uitgestrek asof hy iets probeer keer het.


Lees verder

Current track

Title

Artist